Geen Vreemdeling vir die Liefde Nie

Cthulhu Mythos - H. P. Lovecraft
F/F
M/M
G
Geen Vreemdeling vir die Liefde Nie
Summary
Austyn Johansen gaan deur 'n nare opbreking met haar eksmeisie. Mina le Bris, oftewel Moloatli, is daar om te help.Nyarlathotep wen 'n weddenskap in die proses.
Note
Storie titel is 'n rowwe translasie van 'n stukkie van die liriek We're no strangers to love uit Rick Astley, Never Gonna Give You Up.Vergewe ook asseblief my rowwe translasie van Hamlet. Ek dink nie dit het dieselfde effek as die oorspronklike Engelse aanhaling nie.

"... om te sê ons beëindig die hartseer, en die duisend natuurlike skokke waaraan vlees erfgenaam is. Dis 'n voleinding om vroom gewens vir te word."

Austyn kyk op na Mina, wat met 'n onleesbare uitdrukking teen die deuropening geleun het – ook nie dat haar uitdrukkings gewoonlik leesbaar was nie, sy was heeltemal te lief vir haar mantel daarvoor – en lag. "Regtig, Mina? Hamlet?"

"Die aanhaling het gepas gelyk. Jy is ontsteld." Mina trek elegant haar skouers op. Sy was vandag langer, wat Austyn lankal geleer het om met ergernis of misnoeë te assosieer. "Sê vir my, skat."

"Jy sal nie verstaan nie, of liewer, ek is nie seker of jy dit sou doen nie." Austyn sug en trek haar hande deur haar asblonde hare.

"Probeer my. Ek is geen vreemdeling vir die liefde en sy probleme nie, Styn." Heldergoud oë ontmoet ligblou toe die halfgodin na haar vriendin kyk.

"Goed, Moloatli." Die mens sug en val terug op haar bed. "Andrea het my navorsing oor die Necronomicon afgekeur en gesê dit is asof ek glad nie in ons verhouding belangstel nie. Dit het daarna geëskaleer en sy het besluit dit is beter om my net te los."

Mina was woedend, want hoe durf sy? Sy dwing haar toon in kalmte en maak oogkontak met Austyn. "Wil jy hê ek moet Nitho op haar in die Droomlande sit?"

"As jy dink dit sal help, ja."

"Verskoon my, Styn."


Austyn word wakker gemaak deur Mina wat daar naby lag. "Mina le Bris! Wat is so snaaks dat jy my dom-fok-dertig in die oggend moet wakker maak?"

Mina was vooroor gebuk van die lag. "Nitho sê jou voormalige beau het nie vyf sekondes gehou nadat jy hom gesien het nie. Die gode is kwaad en ons is geamuseerd."

Austyn rol haar oë hemelwaarts. "Gee my die krag om chaotiese halfgode en hul skelmstreke te hanteer, want ek kort dit baie. O, en krag om gode wat nie geamuseerd is nie te hanteer."

Mina, vir al haar waardigheid, beland op die vloer en lag nog harder. Toe sy uiteindelik daarin slaag om te staan – dit het halftransformasie geverg om regop te bly – het Austyn gegrinnik.

"O, Mina, beskou dit as 'n beloning vir jou moeite." Austyn druk 'n soen teen haar wang, stap uit die kamer en laat 'n baie geskokte halfgodin agter.


Iewers oorkant die leegte van die ruimte word 'n sak muntstukke uit 'n geel mantelsak getrek en op 'n tafel gegooi. "Jy wen."

"O, ek sou altyd hierdie weddenskap wen, Hastur."

"Bly stil, Nyarlathotep, of anders."

"Maak my."

"Met plesier."